Twee vaar beter as een was die tema van Edward en Marlize se troudag. Op 14 Mei 2011 is die liefde tussen die twee verseël, en hoe groot is hulle liefde vir mekaar nie.
Baie dankie dat ons die spesiale gebeurtenis kon verfilm en baie dankie vir julle nederigheid, Jesus belowe dat Hy mense soos julle sal verhoog en ek weet dit sal met julle twee wel gebeur omdat julle so lief is vir Jesus.
Al die beste vir julle en ons bid dat julle huwelik 'n voorbeeld sal wees vir ander.
Jaco en Anelia.