Quintin en Yolandi is getroud op 2 Julie 2011 by Greensleeves Camelot in Hillcrest. Dit was kouer as wat ons verwag het aangesien die Estate so naby aan Durban is, maar die twee se liefde het die koue heeltemal gebreek.
Die hele dag was so rustig en ontspanne en ek glo die Here se hand het oor al die gebeure gerus.
Baie dankie vir die voorreg wat ons gehaat het om julle dag so te kon deel en vasvang.
Mag Jesus julle huwelik en almal wat julle paaie kruis werklik seën.
Jaco en Anelia