Die wegraping, dikwels ook na verwys as “die geluksalige hoop”, is ‘n jammerlike misleiding eerder as ‘n hoop. Elkeen behoort dus te weet wat die Bybel in werklikheid hieroor te sê het! Die wegraping word wyd gepredik en geglo deur baie Christene vandag. Gewilde boeke en rolprente bou temas rondom hierdie leerstelling, wat impliseer dat Christus twee maal sal kom – eerstens slegs in die lug om die gelowiges te kom wegraap na die hemel vir ‘n aantal jare en dan uiteindelik weer om Sy voete op die aarde te kom neersit. Ons leef in ‘n tyd waarin meeste mense hul kennis van geloof tweedehands ontvang, verkieslik deur dramatiese aanbiedinge, asook vanaf die verhoog, rolprente en novelles. Maar u kan nie toelaat om u persoonlike verantwoordelikheid te ontduik om die waarheid te bewys nie! Diegene wat gewillig is om met omsigtigheid die Bybel te ondersoek, sal agterkom dat die “geheime wegraping teorie” nie stand hou met die noukeurigheid van God se Woord nie. Dis ‘n totale valse leerstelling! Die wegraping is gewild gemaak in die 1970’s deur Hal Lindsey se geskrifte “The Late Great Planet Earth”, asook die meer onlangse fiktiewe boeke en rolprente van Jerry B. Jenkins en Tim LaHaye. Waar het hierdie idee van die wegraping dan ontstaan dat ‘n uitgesoekte groep Christene opgeraap sal word om Christus in die lug te ontmoet voor die dae van die Antichris? Hierdie boek sal u help om die waarheid rondom hierdie omstrede onderwerp te sien en daarvan vry te kom!

Loading more stuff…

Hmm…it looks like things are taking a while to load. Try again?

Loading videos…