Die Vegas Show

Joined
South Africa

User Stats

Profile Images

User Bio

WAT IS DIE VEGAS SHOW?
Die Vegas Show is ‘n grensverskuiwende televisie formaat aktualiteits aanbieding met Rufio Vegas as aanbieder.

Die aanlyn episodes word gerig om die dralige gaping wat daar bestaan om relevante, inteligente en eerlike vermaak te bied in die Suid-Afrikaanse televisie landskap te vul.

Die sentrale karakter is eenvoudiglik eendagse onderhoud sessies met gaste in ‘n gemaklike en bekende omgewing waar pretensie en konvensionele media uitbeeldings plek maak vir…wel, die Vegas faktor.

WIE IS DIE VEGAS SHOW?
Die Vegas Show is die breinkind van Rufio Vegas en word geskep en vrygestel deur ‘n groep jong geesdriftige individue wat genoeg glo in die resep en uitsette om hulle tyd en belange daarin te belê.

Die groep skeppers val in lyn met ‘n subkulturele fenomeen wat die Suid-Afrikaanse kulturele landskap infiltreer en stadig maar beduidend sal verform.

HOEKOM DIE VEGAS SHOW?
Die Vegas Show se fokus is om vir interessante hoë profiel musikante, akteurs, kunstenaars, sporsterre en politici wat iets het om te sê ‘n forum te bied waarop hulle kan wees wat hulle wil wees en sê wat hulle wil sê.

Dit is uitermatiglik opmerklik dat daar volop ruimte is vir ‘n nuwe aanlsag op Suid-Afrikaanse vermaak en die Vegas Show is die Antwoord hierop.

Verwag vlymskerp kwinkslae en opinies wat nie in lyn is met hoofstroom persepsies nie. Dit is gerig op mense wat bereid is om kopskuiwe te maak.

External Links