Ek is mal oor troues met 'n lekker storie. Jurike (ook bekend as die gewilde bakster van Somerset-Wes, "Jukie D") het al vir baie troues koeke gebak. Nou het sy die kans gekry om 'n heerlike sjokoladekoek vir haar eie troue te bak. Ons het die hele proses afgeneem, van waar die eerste eier gebreek word tot waar die koek versier word....en op die ou end waar Jurike en Gerhard 'n heerlike happie gedeel het by hulle troue. (Ek moet net byvoeg, ek het ook die koek geproe en dit was amaaaaazing, kan nie wag om my volgende bday-koek by Jukie te bestel nie!) Die troue was op 'n pragtige herfsdag in Beloftebos in Stanford. Jurike was vol kreatiewe idees - ek was veral mal oor die kreatiewe papierblomme en die trourok wat haar tannie gemaak het. Daar is van vroeg tot laat fees gevier, gesmul en gekuier. Ons hoop julle twee geniet die video :)
Video: bmgcinema.co.za
Foto's: nicholidipaola.co.za
Koek: facebook.com/JukieD
Venue: beloftebos.co.za

Loading more stuff…

Hmm…it looks like things are taking a while to load. Try again?

Loading videos…